Testimonials

2024

VIR WIE: Aan almal wat in stilte nader aan die Here wil kom en die daaglikse geraas sagter wil stel – na ‘n stilte smag. Om in die teenwoordigheid van die Here te staan en te hoor wat se die Here. 

HUNKERING: Ek het solank al uitgesien na die geleentheid. Alleen wees. Alleen in die natuur met net die oopstel van my sintuie: Wat hoor ek, wat sien ek, wat voel ek, wat proe ek. Kan ek eindelik my eie sintuie weer instel? Nog sagter en eindelik stil net te luister? Gaan ek  Die Stem v.d. Here hoor? Is dit Sy stem?

GESKENKE v.d. HERE: Ek hoor “LIG”. Is dit v.d. Here? Is dit my eie gedagtes? Ek sien my eie liggie in my hande is maar flou……..

Is dit goed? Is dit werklik v.d. Here. Wat se die Bybel en Vader oor lig. Moenie ‘n lig onder ‘n emmer sit nie maar op ‘n lamppaal, Julle is die lig v.d. wereld. Jy mens kan nie in My Teenwoordigheid staan nie – daarom verberg ek My vir jou. Watter ander woorde is daar vir lig? Light, shine warmte, sien, sig, helder. My siel voel verhelder, ligter helder van gedagtes. Ek dink die Here het my ligte weer aangeskakel. 

VERWELKOMING: Karina en Louis wag ons in. Ons voel welkom. Ons kry elk ‘n kamer met uitgesoekte naam. Verkieslik moet ons “vas” om so die Here duideliker te hoor. Ek is egter baie honger. Heerlike bredie in stilte geniet. Gaan slaap alleen. In stilte opstaan. Oggend ete. Stap gebedspaadjie. Matjie/kussing om op te sit. Vind ‘n skadu boom. Bybelvers, stilte, luister. Slaap, rus, luister. Stap. Ma duif vlieg onverwags op. Ek sien  die veerlose duifies ooghoogte. Ek stap aan. Is ek nou verdwaal? Aa… Ek sien weer vir Pacem. Ek is weer tuis. Eet in stilte. Stort. Slaap. Word wakker middernag. Ek skryf neer wat pla. Drink water. Slaap verder. Opstaan ontbyt. “Debrief”.  Oppak, afskeids drukkies. Huistoe. Nuwe lig. Vrede. Ek gaan weer kom….. JdP

2021

Baie dankie Karina en Louis vir ‘n heerlike paar dae van vrede, geestelike verryking en lekker kuier by julle pragtige Pacem retreat in die Waterberge. Beslis aan te beveel vir elkeen wat graag in ‘n gekoesterde omgewing wil stil raak by sy Skepper in die pragtige bosveld natuurskoon. ‘n Paar goed ontwikkelde gebedsroetes, interessante inligting sessies en ‘n reuse stoep waar ‘n mens na hartelus kan sit en dagdroom, maak hierdie ‘n besonderse geesteservaring wat enige moëe of soekende siel sal verkwik. – Marlize

2018

Liewe Louis en Karina, dit was so voorreg en seën om die naweek saam met julle te kan werk, kuier en stil tye met God in die bos te kon deurbring, hier op Pacem. Mag die Here julle droom tot volvoering bring, mag Hy julle seen, julle planne en elkeen van die besoekers wat in die toekoms hierdie stukkie heilige grond sal betree. – Erica

Die stil tye in die bos is ‘n besondere geleentheid om van die Skepper te hoor. Dankie vir die voorreg om Pacem wat vanaf die Here gebid is en ontvang is, saam met julle te kon ervaar en vir julle gasvryheid. – Nico